AHi - The Stars and Planet Evening at Golden Gate 22.23/July/'11

PROGRAM: STERRE EN PLANETE – GOLDEN GATE VRYDAG & SATERDAG 22/23 JULIE 2011

Die program sal dieselfde wees vir beide aande:

15.30 – 15.55: Arriveer by die Golden Gate Hotel in die Golden Gate Hoogland Nasionale Park se parkeerterrein

16.00: Almal vertrek hiervandaan per motor na ‘n uitkykpunt in die Hoogland Park saam met die Sanpark Natuurbewaarders waar ons meer sal hoor van die Hoogland Park sowel as ‘n aanbieding oor die sandsteen rotsformasies en die paleontologie van die omgewing deur Dr Gideon Groenewald. Hier sal die AHI Gasheer sakekamer, die Harrismith Besigheids Forum , ‘n skemerkelkie vir ons aanbied waarna almal weer terugkeer na die Golden Gate Hotel.

18.00: Keer terug na die parkeerterrein by die Golden Gate Hotel.
Gebruik die hyser in die foyer na die Sportsman Bar op die onderste vloer van die Hotel vir die voorgereg en kuier totdat die ete voorgesit word – kontant kroeg is hier beskikbaar.

18.15: Verwelkoming deur Mnr Ben Deysel van die AHI Vrystaat en voorstelling van die ander Sprekers aan die gehoor

19.30: Powerpoint aanbieding oor sterre en planete deur Hennie Maas van RSG en Prof Matie Hoffman van die Boyden Sterrewag.

21.00 – 23.00: Kyk na sterre en planete deur die teleskope wat buite opgestel is en tyd vir vrae aan die aanbieders.



Die koste van R250 per persoon per aand, sluit die volgende in:

*Bewaringsfooi aan Sanparke
*Skemerkelkie in die Park
*Aanbiedings
*2-Gang aandete
*Program
*Kniekombers
*Sterrekyk deur teleskope

Bespreek asb by Rina Greyling – 056 515 3549 of 083 487 5724
Faks: 086 545 8022 of e-pos: louvre@act.co.za

Betaal asb geld vir bespreking in voor Woensdag 20/7/2011 by:
FNB Bothaville
Tak kode: 230-136
Rek No: 6219 258 2461
Rek No: Sakekamer Restourasieprojek
Verw: S&P GG en u van
Faks bewys na; 086 545 8022

Daar is nog akkommodasie beskikbaar by die Basotho Village in die Park – chalets met 2 x enkelbeddens, of 1 x dubbelbed of 1 x dubbelbed en 1 x ‘bunkbed’ – skakel direk met Mongodi by 058 255 1000 vir bespreking en betaling. Daarn moet u kyk na Clarens aangesien die res van die Park reeds vol bespreek is.